TERUG
AS JY AAN EENDAG GLO

Na Paradiso het ek nie geweet of ek ooit weer sou opneem nie. Nie omdat ek nie wou sing nie, maar omdat ek nie geweet het wat om volgende te doen nie. Ek dink dit is maklik as 'n mens net een spesifieke styl het - jy hou net bloot aan om cd's te maak, totdat mense aan jou styl byt...of nie... As 'n mens veelsydig is, word dit 'n bietjie meer ingewikkeld, want jy wil alles probeer. In 1997 het ek deur 'n geestelike herlewing gegaan en by verskeie gospel-projekte betrokke geraak. Ek wou nie 'n solo gospel-projek doen nie, want ek het nie geglo dat my bediening daar lę nie. Ons het intussen ons eie ateljee en cd-etiket begin en ek was baie betrokke by die bestuur en administrasie daarvan. Ek was in daardie tyd ook baie betrokke by my kinders, onder andere met tuisskool. Nietemin, ek het baie versoeke gekry om weer 'n cd te maak en dit was hoe die idee van "As Jy Aan Eendag Glo" gebore is. Ons het besluit om 'n versameling van die ou songs weer op te neem en op een cd saam te stel. Harold het nuwe verwerkings van sommige van die songs gemaak. Op die cd was daar ook liedjies wat voorheen net op plaat beskikbaar was.

BESTEL

LUISTER
INSTRUKSIES VIR LUISTER: Dubbelkliek op play en wag n rukkie vir lewendige klankstroom om in te skop
 
Die Seewind Bring Heimwee(MARGATEMIX)
Lirieke

  Jy's My Inspirasie
Lirieke

  As Jy Aan Eendag Glo(SOKKIEMIX)
Lirieke

  Ek Sal Onthou
Lirieke

  Die Suid-Afrikaanse Droom
Lirieke

  Gebed Vir Vrede
  

  Ek Sal Jou Nooit Vergeet Nie
  

  Toe Kom Jy
  

  As Jy Aan Eendag Glo
Lirieke

  Woorde
Lirieke

  Ek Groet My Mooi Ou Land
  

  Sonder Jou
  

  Die Seewind Bring Heimwee
Lirieke

  Sonder Jou
  

  Ek Kyk Graag So Diep In Jou Oë
  

     
 
Ye-Ye
Paradiso  
Deel Van My

Verwerkings, programmering:Harold Schenk
Klavier: Harold Schenk
Kitare: Johan Rautenbach, Jethrow Butow
Dromprogrammering: Harold Schenk
Saksofoon: Barry Snyman
Agtergrondstemme: Harold Schenk, Amanda Luyt